Saturday 28 November 2015

Waaroor gaan e-leer in WG?

Worcester Gimnasium het reeds ver gevorder in die gebruik van e-leer-tegnologie en ons beskik oor rekenaars en dataprojektors in alle klasse. Interaktiewe witborde en dokument-kameras word ook in ‘n groot persentasie van ons klasse gebruik. Ons volgende stap in die gebruik van opvoedkundige tegnologie behels die gebruik van elektroniese boeke op rekenaartoestelle soos rekenaartablette (tablets) en skootrekenaars (laptops) deur leerders.

Wat behels dit?

Dit beteken dat ons aan ons leerders die geleentheid gaan bied om toestelle soos tablette klas toe te bring. Hierdie tablette kan dan hulle handboeke in elektroniese formaat bevat, asook ‘n baie wye verskeidenheid opvoedkundige materiaal soos sketse, notas, video’s, animasies, opvoedkundige speletjies, programme, ensovoorts. Die skool voorsien ‘n “enterprise level” draadlose (WiFi) netwerk wat die verspreiding van die elektroniese handboeke en enige materiaal wat aan die handboeke gekoppel is aan geregistreerde toestelle outomaties hanteer.

Hoekom?

As ‘n skool van uitnemendheid, glo ons dat ons leerders die geleentheid moet hê om die beste en nuutste opvoedkundige hulpmiddels te kan gebruik. Daar is natuurlik ook baie ander voordele. Hier is slegs vier:

  • Leerders word blootgestel aan tegnologie wat ná skool wyd gebruik word;
  • Leerders ontwikkel hul inligtingsverwerkingsvaardighede;
  • Besparings ten opsigte van afrolkoste;
  • Ligter skooltasse!

No comments:

Post a Comment